Neusie verby met musiek as skoolvak, sê minister

2010-12-29 11:22
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Dit lyk of dit neusie verby is met musiek as skoolvak as die departement van basiese onderwys voortgaan om eksterne musiekprogramme uit te faseer

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het verlede week die regering se plan in die Staatskoerant aangekondig.

Die departement wag egter nog tot 28 Januarie op die kommentaar van belangegroepe.

Die departement beoog om alle programme wat deur Unisa, die Trinity College of London (TCL) en Associated Board of Royal Schools of Music (ABRSM) aangebied word as deel van die kurrikulum, uit te faseer.

Die rede wat daarvoor aangevoer word, is “probleme wat ondervind word met die toepassing, bestuur en administrasie” van die aanbieding van die eksterne programme.

Verskeie vereistes het in die verlede gegeld om musiek as skoolvak te kan neem. Kandidate moes byvoorbeeld in gr.10 ten minste gr.4-vlak-musiek (prakties en teorie) deurgekom het sodat hulle in gr.12 die gr.6-musiekeksamen kon aflê.

Kandidate moes ook eers ’n sekere vlak van teorie geslaag het voordat hulle die praktiese eksamen in ’n bepaalde graad kon aflê.

As die departement se planne deurgevoer word, sal musiek volgende jaar vir die laaste keer as vak in gr.10 aangebied word. Daarna sal dit in 2012 in gr.11 en in 2013 in gr.12 uitgefaseer word.

Musiekonderwysers was Dinsdag onbewus van die planne.

“Indien dit gebeur, sal dit ’n ramp wees,” het ’n onderwyser wat anoniem wil bly, gesê. “Musiekonderrig op skoolvlak is reeds sedert 1997 erg verwaarloos.

“Die groot vraag is wat die departement beoog om in die plek van die bestaande programme te bring en of dit beteken dat daar nou geheel en al met musiekopleiding weggedoen gaan word.”

  • Voorleggings kan gestuur word na kriel.l@dbe.gov.za

- Die Burger

Lees meer oor: musiek  |  onderwys

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.