Netcare ontken onwettige nieroorplantings
2010-09-16 11:25
Kaapstad – Netcare het aantygings van die nooddiensverskaffer se betrokkenheid by onwettige nieroorplantings by ‘n KwaZulu Natalse hospitaal, ontken, berig Health24.
Die polisie het Netcare daarvan beskuldig dat hulle omtrent R22 miljoen uit die onwettige operasies gemaak het.
Netcare het egter onmiddelik op dié aantygings gereageer:
“Netcare en Dr Friedland (uitvoerende hoof van Netcare) ontken ten sterkste enige wanpraktyke en is van plan om die aanklagte teen te staan.”
Die verklaring het ook die nooddiens se verbasing weens die aantygings, na jare van samewerking met die polisie aangaande die saak, uitgespreek.
Volg Nuus24 op Twitter.
Kliek hier vir die volledige storie.