Net húlle moet wapens hê - staat

2010-02-09 11:05
Tweets Share Share line Print

Durban – Die regering mik daarna dat wetstoepassers die enigste mense moet wees wat vuurwapens het, sê mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie.

Hy en komm. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het gister hier gesê die regering is besig om die geraamde 2 miljoen wettige én onwettige vuurwapens in die land beduidend te verminder.

’n Drie maande lange amnestietydperk het op 11 Januarie begin waartydens mense wettige en onwettige vuurwapens by die polisie kan inhandig. Sedertdien is 3?046 vuurwapens en 41 597 patrone ingehandig.

Sedert 2005 is bykans 1 miljoen vuurwapens uit sirkulasie geneem, het Mthethwa gesê. Wettige vuurwapeneienaars “wat voel hulle het nie meer hul wapens nodig nie”, word aangemoedig om dit in te handig. Dit is nodig omdat misdadigers vuurwapens steel of roof en dit dan vir misdaad gebruik.

“As wettige vuurwapeneienaars egter voel hulle het die wapens nog nodig, kan hulle dit hou,” het die minister gesê.

Volgens Cele kan die impak wat die polisie op die getal onwettige wapens in omloop maak, gesien word in die toename in mesmoorde. “Misdadigers wend hulle nou weer tot Okapi’s (messe), nie omdat dit hul wapen van keuse is nie, maar omdat ons die lewe vir hulle moeilik maak.”

Gister is sowat 10 000 vuurwapens wat ingehandig is of waarop die polisie beslag gelê het, in Durban vernietig. Die laaste paar weke is 80 000 sulke wapens ook in Gauteng vernietig.

- Beeld

Lees meer oor: wapens

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.