Net 9% van gr.6-kinders is vaardig genoeg

2011-07-03 07:45
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Suid-Afrikaanse kinders se swak geletterdheids- en syfervaardighede is opnuut deur toetse bevestig.

Die uitslae van die jaarlikse nasionale assesserings, in Engels bekend as ANA, toon min tot geen verbetering vergeleke met vorige internasionale toetse s’n nie.

Die enigste opflikkering van hoop is by gr. 1’s en 2’s.

Sowat 6 miljoen leerlinge wat verlede jaar in gr. 1 tot 6 was, het in Februarie ANA-toetse geskryf.

Volgens dr. Wilmot James, die DA se skaduminister van basiese onderwys, was daar verskeie logistieke probleme met dié reuse-operasie.

Volgens die party se inligting is alle skole se uitslae nie in die resultate ingesluit nie en was daar probleme in van die provinsies, veral in die Oos-Kaap.

James sê om skole te kan identifiseer wat hulp nodig het, moet die resultate akkuraat wees.

Volgens Esrah Ramase­hla, president van die Nasionale Professionele Onderwysersorganisasie (Naposa), moet dit vroeër beskikbaar wees. Junie is te laat om vanjaar veranderinge te maak.

Maryna Besseling, koördineerder van kurrikulumverwante ondersteuning by die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), sê vakbonde het gevra dat die toetse eerder aan die einde van ’n jaar geskryf word, pleks van in Februarie die volgende jaar.

Die departement van basiese onderwys het Woensdag slegs die uitslae in ’n steekproef van gr. 3- en
gr. 6-leerlinge gepubliseer wat deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RNG) geverifieer is.

Hiervolgens kan slegs 12% van Suid-Afrika se gr. 6-leerlinge behoorlik somme doen: 3% het uitstekend gevaar en 9% kon doen wat op dié ouderdom van hulle verwag word.

In gr. 3 het dit nie veel beter gegaan nie en albei grade se taalvaardighede was ook nie naastenby op peil nie.

Bobby Soobrayan, direkteur-generaal van basiese onderwys, het gesê volgens die ongeverifieerde ANA-uitslae was 80% van gr. 1’s se geletterdheid op vlak twee en hoër (gedeeltelik behaal, behaal en uitstekend) en 90% se syfervaardighede was op dié vlakke. Van gr. 3 af het die groep egter toenemend gekrimp.

Soobrayan het die beter gr. 1- en 2-resultate toegeskryf aan me. Naledi Pandor, vorige onderwysminister, se grondslag-leerprogram vir gr. 0 tot 3 wat in 2008 ingestel is.

Swakker prestasie van gr. 4 af kan te wyte wees aan leerlinge wat dan van hul huistaal na Engels as voertaal oorskakel.

Van aanstaande jaar af neem alle gr. 1’s egter Engels as vak en gr. 4- tot 6-leerlinge se vakke word verminder. Dit is van die stappe wat die departement volgens Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, al gedoen het om leerlinge se basiese vaardighede te verbeter.

Alle laerskoolleerlinge het vanjaar werkboeke gekry en ’n herverpakte kurrikulum tree aanstaande jaar in werking. Mnr. Graeme Bloch, onderwysontleder, sê al hierdie stappe behoort te help, maar sonder die betrokkenheid van onderwysers en ouers sal dit nie genoeg wees nie.

Angie Motshekga Woensdag tydens die bekendstelling van die ANA-uitslae.

 

- Rapport

Lees meer oor: skole

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.