Nelspruit sál Mbombela word
2010-10-08 11:40
Nelspruit - Mpumalanga se provinsiale regering sê die besluit om Nelspruit se naam na Mbombela te verander, sal so bly.
Vusi Shongwe, provinsiale minister van kultuur, sport en ontspanning, sê die naamsverandering is gedoen ná omvattende beraadslagings met lede van die publiek en die sakegemeenskap.
Die Laeveldse Sakekamer en van Toerisme gaan voort met sy pogings om Nelspruit te behou en sê dat die naamsveranderingsproses vol gebreke was.
Shongwe sê mense wat teen die besluit gekant is, is vry om hulle tot die hof te wend.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter