Nege vas wat perlemoen stroop
2010-11-09 14:37
Johannesburg – Nege mense is vroeg Dinsdagoggend in hegtenis geneem nadat hulle perlemoen naby Robbeneiland gestroop het, het die Wes-Kaapse polisie gesê.
Polisie het Maandag inligting oor die beweerde stropery ontvang, het die woordvoerder ao. November Filander gesê.
Die groep, tussen die ouderdomme van 21 en 28, is van Bredasdorp, Gansbaai en Houtbaai.
Die mans sal binnekort in die landdroshof in Kaapstad verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA