Nege sterf toe bestuurder beheer oor voertuig verloor
2012-01-05 17:08
Kaapstad – Nege mense is dood toe die afleweringsvoertuig waarin hulle gery het buite Clanwilliam in ‘n ongeluk betrokke was, het ‘n verkeersamptenaar in die Wes-Kaap Donderdag gesê.
Die bestuurder van die voertuig, waarin 21 passasiers was, het Woensdag omstreeks 14:00 beheer oor die voertuig verloor, het die verkeershoof Kenny Afrika gesê.
Die bestuurder en agt ander persone is dood, terwyl 10 passasiers ernstig beseer is.
Twee mense het matige beserings opgedoen.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA