Nege sterf op Kaapse paaie
2011-11-27 12:45
Kaapstad – Nege mense is die afgelope naweek op paaie in die Wes-Kaap dood, het RSG Sondag berig.
In die ergste ongeluk, het vier mense omgekom in 'n tromp-op botsing op die R-364 tussen Lambertsbaai en Graafwater.
Twee mense is ook dood in 'n ongeluk in die Paarl. In nog 'n ongeluk is 'n baba van drie maande dood op die Weskus-pad.
Volgens die provinsiale verkeershoof, Kennys Africa het spoed 'n rol gespeel in die meeste ongelukke, terwyl padreëls wat verontagsaam is, ook 'n bydraende faktor was.
Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG
- SAPA