Nege in hof ná moorde, rooftog
2010-09-02 14:09
Polokwane – Die hofsaak van nege verdagtes wat daarvan verdink word dat hul vier sekuriteitswagte vermoor het tydens ‘n mislukte tranisito-rooftog in 2006, het Donderdag in die hooggeregshof in Polokwane begin.
Die saak moes oorspronklik reeds Dinsdag begin het, maar is uitgestel omdat ‘n Portugese tolk nie opgespoor kon word nie, het SABC-radio berig.
Twee van die verdagtes, Antonio Ndlala en Emmanuel Baross, is buitelanders en afsonderlik vanaf Mosambiek en Namibië afkomstig.
Die sekuriteitswagte is dood toe hul voertuig aan die brand gesteek is tydens die mislukte rooftog in 2006.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA