Nege dood, 11 beseer in taxi-ongeluk
2011-12-13 19:55
Johannesburg – Nege mense is Dinsdag dood en 11 is beseer toe ‘n minibus-taxi teen die agterkant van ‘n vragmotor gebots het op die N1-snelweg, het paramedici gesê.
Die ongeluk het ongeveer 55 km van Kroonstad plaasgevind.
Die ongeluk is deur swak sigbaarheid weens reën veroorsaak, het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Verskeie oorledenes was in die wrak vasgekeer. Die beseerdes is na ‘n hospitaal in Kroonstad geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA