Nege brand dood in gru-botsing
2009-11-26 21:36
Johannesburg –Minstens tien mense het gesterf en 24 passasiers is ernstig beseer nadat ’n bus in vlamme uitgebars het.
Die bus het vlam gevat nadat dit saam met talle voertuie op die R573 in Molotoweg, buite Pretoria in ’n kettingbotsing betrokke was, het paramedici Donderdagaand gesê.
Sowat nege passasiers in die bus het weens die vlamme doodgebrand.
“Daar is tot dusver 24 passasiers wat tydens die voorval matig tot ernstig beseer is,” het Chris Botha van Netcare 911 gesê.
"Paramedici, talle brandbestryders en die polisie is tans op die toneel besig om die situasie in bedwang te bring.”
Molotoweg is tans vir verkeer gesluit.
-Sapa