Nege bankrowers vas
2009-10-13 00:10
Johannesburg – Groep van nege verdagte bankrowers is Maandag in Berea in hegtenis geneem terwyl hulle beplan het om Johannesburg en die omliggende area in te vaar.
Oorspronklike ondersoeke het getoon dat die bende tot sowat 10 bankrooftogte in Gauteng gekoppel kan word, het provinsiale polisie gesê.
Die in hegtenisname kom nadat polisie wenke oor die bende en hulle planne ontvang het.
Die groep is van Maandagoggend af dopgehou tot polisie later die dag op hulle toegesak het nadat hulle in ‘n minibus geklim het om na bewering ‘n rooftog uit te voer.
‘n Pistool wat in die mans se besit gevind is, is gekoppel aan ‘n onlangse rooftog op ‘n besigheid in Cleveland.
Al nege die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.
- Sapa