Nedbank-gebou aan die brand
2009-10-05 09:27
Johannesburg – Die Nedbank-gebou in Beyers Naude rylaan noord van Johannesburg het Maandagoggend aan die brand geslaan.
Volgens ‘n werknemer het ‘n stoorkamer in die kelder waar dokumente gestoor is, aan die brand geslaan.
Darryn Browning, ‘n ooggetuie, was die eerste persoon op die toneel. Hy het rondom 7:45am by die parkeerterrein aangekom.
“Ek het rook gesien en toe ek die deur oopmaak was daar vlamme,” het Browning gesê.
Volgens hom het die brandweer tien minute later op die toneel opgedaag en teen 8:15 was hulle steeds besig om die brand te probeer blus.
Die Johannesburgse nooddienste kon nie dadelik die voorval bevestig nie en die oorsaak van die brand is ook nog onbekend.
- Sapa
Was jy dalk op die toneel, stuur vir ons jou foto’s.