'Nasionalisering van myne was nog nêrens suksesvol'
2010-11-02 21:04
Kaapstad - Sipho Nkosi, president van die Kamer van Mynwese het gesê die nasionalisering van myne was nog nêrens ter wêreld suksesvol nie.
Hy het by die Kamer se algemene jaarvergadering in Johannesburg gesê die Kamer van Mynwese het waardering vir die versekering van president Jacob Zuma en die minister van Mynwese, Susan Shabangu dat nasionalisering nie regeringsbeleid is nie.
Die ANC het by sy onlangse nasionale raadsvergadering onderneem om die kwessie te ondersoek na herhaalde oproepe tot nasionalisasie deur die party se Jeugliga.
Nkosi het daarop gewys dat die mynbedryf wêreldwyd baie moeilik is en dat dit nie 'n kort pad na ongekende rykdom is nie.
- Volg Nuus24 op Twitter.