'Nasionalisering nie ‘n opsie' – Manuel
2012-02-06 21:58
Kaapstad – Nasionalisering is nie ‘n opsie vir die mynsektor nie, het Trevor Manuel, minister in die presidensie, Maandag gesê.
“Die minister [Susan Shabangu] was redelik reguit toe sy gesê het daar sal oor haar dooie liggaam nasionalisering wees. Nou, jy kan nie vir ‘n duideliker stelling as dít vra nie,” het hy aan die Mynindaba in Kaapstad gesê.
“Die mynsektor is so fundamenteel belangrik as ‘n platform om die [opheffing] oorgang te bewerkstellig dat ons nie hierdie idee van nasionalisering vorentoe kan neem nie.”
Hy het gesê die bedryf verdien duidelikheid oor beleid.
“As ‘n doemprofeet kom en nog ‘n leuen [oor nasionalisering] vertel, moet hulle nie glo nie.”
Die regering sal eerder vennootskappe met die privaatsektor wil bou om die sektor op te bou deur opvoeding, verbeterde werksomstandighede en meer regte, het hy gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA