Namibië, Gaboen soek SA boere

2010-09-21 09:40
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Namibië soek Suid-Afrikaanse besproeiingsboere om langs sowel die Oranje- as die Kunenerivier in dié land te gaan boer, terwyl Gaboen ook pas ’n voorlegging aan die landbou-organisasie Agri SA gedoen het om Suid-Afrikaanse kommersiële boere te lok.

Dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA en voorsitter van die organisasie se Afrika-komitee, sê in Agri SA se jongste nuusbrief 22 lande het nou al dié organisasie se hulp gevra om landbouproduksie op dreef te kry.

Volgens hom is daar reeds meer as 800 Suid-Afrikaanse boere in Mosambiek, meer as 300 in Botswana en meer as 20 in Malawi, Zambië en Kenia.

Vyf Suid-Afrikaanse boere het reeds met die Libiese departement van landbou geskakel oor landbou-geleenthede in dié olieryke land.

De Jager sê kontrakte met die regering van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) behoort eersdaags gefinaliseer te wees.

Hy sê Agri SA hoop om dit vir sy lede veilig te maak om hul boerderybelange elders in Afrika uit te brei.

Johan Pienaar, adjunk-uitvoerende direkteur van Agri SA, sê dit is vir dié organisasie belangrik dat die maksimum beleggingsbeskerming in die lande aanwesig is en dat dit formeel beslag kry in bilaterale ooreenkomste tussen ’n betrokke land en Suid-Afrika.

Sulke ooreenkomste moet ook voorsiening maak vir aspekte soos die gebruiksregte van grond, belastingkwessies en die algemene regte van die boere.

Agri SA sê sy Afrika-komitee het die laaste paar maande “verskeie plaaslike en buitelandse finansieringsbronne geraadpleeg om landboufinansiering vir boere, wat na Afrika-lande wil uitbrei, te ontgin”.

André Botha, president van Agri Gauteng en ’n lid van die komitee, sê dié organisasie onderhandel om ’n sogenaamde “regering-tot-boer-kontrak” met die DRK se minister van landbou daar te stel.

“Hierdie kontrak sal meer spesifiek tot aktiwiteite op individuele plase wees, die vasstel van die plaas se grense, voorwaardes vir boerdery-aktiwiteite en sal die memorandum van verstandhouding tussen Agri SA en die DRK versterk.”


Lees meer oor: landbou

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.