Najwa se broer gestraf oor kreef in sy besit

2010-09-04 12:51
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad. – Whaleed Dirk (34), jonger broer van die veroordeelde moordenaar Najwa Petersen, is Vrydag ’n boete van R20 000 of 18 maande tronkstraf, waarvan die helfte vir vier jaar opgeskort is, in die Piketberg-landdroshof opgelê.

Dieselfde straf is aan Abraham Lesch opgelê nadat hulle skuld beken het.

Dirk, Lesch en vyf ander mans het in die hof verskyn op aanklagte van die besit van kreef tydens ’n geslote seisoen, die besit van kreef en lynvis sonder ’n faktuur, die besit van ondermaatkreef, die besit van eierdraende kreef en die besit van kreef wat nie in ’n heel toestand is nie.

Landdros P.A. Grundlingh het Dirk en Lesch elk ’n boete van R20 000 of 18 maande tronkstraf, waarvan die helfte vir vier jaar opgeskort is, opgelê.

Dirk en Lesch het elk ’n boete van R10 000 betaal.

Die mans is op 16 Augustus in Redelinghuys in hegtenis geneem nadat die polisie hulle ná ’n kort jaagtog deur die dorpie in hegtenis geneem het.

Die polisie het altesaam 299 kreefsterte, 358 ondermaat-krewe, 284 maatkrewe en 16 lynvisse in hul besit gevind.

Die saak teen die ander vyf – Abdullah Hendricks (44, van Kaapstad), Victor Latola (32), Patrick Latola (23), Willem Stevens (30), en Herald Morny (58), almal van Elandsbaai – is teruggetrek. 

- Die Burger

Lees meer oor: hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.