Najwa se appèl verwerp
2009-07-31 15:00
Bloemfontein – Die appèlhof in Bloemfontein het ‘n aansoek van Najwa Petersen en Abdoer Emjedi vir verlof tot appèl van teen hul skuldigbevinding verwerp.
Dié twee is in Februarie vanjaar in die Kaapse hoogeregshof skuldig bevind van die moord op die teaterlegende Taliep Petersen.
Petersen het 28 jaar tronkstraf gekry.
Regter Siraj Desai het in sy uitspraak gesê hy kon nie vasstel wie die sneller getrek het nie.
Mev. Petersen, Emjedi en Waheed Hassen is skuldig bevind van die moord en roof met die doel om ernstig te beseer.
Sapa