Naidoo ‘wil sy aandeel beken’

2011-11-08 07:05
Tweets Share Share line Print

Durban – In ’n dag van dramatiese wendings in die verhoor oor die grusame moord op Johnnie Lotter en sy vrou, Riekie, het hul dogter se destydse verloofde sy pleit na skuldig verander en toe teruggekrabbel.

“Edelagbare, ek wil nie die hof se tyd mors nie, maar ek weet nie meer watter kant toe nie,” het Mathew Naidoo (25) gistermiddag aan regter Shyam Gayanda in die hooggeregshof hier gesê toe dit, nadat hy sy pleit verander het, blyk dat hy tóg nie ’n aandeel in die moorde op die Lotter-egpaar erken nie.

Hy staan saam met twee van die egpaar se kinders, Hardus (23) en Nicolette Lotter (29), tereg. Hulle voer aan Naidoo het gesê hy is die seun van God en dat dit God se wil is dat hulle hul ouers vermoor.

Adv. Roland Parsotham, namens Hardus, het gisteroggend op Naidoo se derde dag in die getuiebank aan hom gesê hy sukkel om baie dinge te verklaar “omdat jy in jou eie web van leuens vasgevang is”.

Hy het herhaaldelik uit Johannes 8:32 aangehaal en vir Naidoo gesê “die waarheid sal (jou) vry maak”.

Dít was onder meer nadat Naidoo nie kon verklaar waarom hy in Junie 2007 – 11 maande voor die moorde – aan Nicolette Lotter geskryf het dat haar pa binnekort ’n onnatuurlike dood sou sterf nie.

Tydens kruisondervraging het Naidoo in ’n stadium gesê: “Dit lyk seker of ek ’n totale gek van myself maak.”

’n Rukkie later het hy eers vir die regter gevra of hy vir sielkundige waarneming verwys kan word en daarna of hy met sy regsverteenwoordiger, adv. Vijay Sivakumoor, kan beraadslaag.

Naidoo is toegelaat om in die teenwoordigheid van al die regsverteenwoordigers tydens ’n verdaging met Sivakumoor te praat waarna ooreengekom is dat hy met ’n onafhanklike advokaat oor die middagete kon praat.

Dit was ná middagete dat Naidoo in die getuiebank gesê het hy “is betrokke by dié grusame misdaad” en dat hy sy aandeel “heeltemal wil beken”.

Toe Gayanda hom later egter oor sy pleit uitvra, het Naidoo ontken dat hy by die moorde betrokke was, maar dat hy wel gehelp het om dit te probeer verdoesel.

“Ek wil net hê dit moet oor wees sodat die Lotter- en Naidoo-families kan voortgaan met hul lewe,” het hy gesê.

As gevolg van sy bekentenis van medepligtigheid het Gayanda gesê die gevaar bestaan nou dat Naidoo kan probeer vlug.

Ondanks Naidoo se emosionele pleidooi het Gayanda sy borgtog van R20 000 opgeskort en gelas dat hy in die Westville-gevangenis aangehou word.

Die verhoor duur voort.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.