Nagmaalwyn, hondepille laat vrou 100 jaar haal

2011-02-18 09:12
Tweets Share Share line Print

Alida Lewis van Kleinvlei in Blue Downs, het Donderdag ’n honderd lewensjare saam met vriende en familie gevier het. Hier is sy saam met Patricia de Lille, provin­siale minister van maatskaplike ontwikkeling. (Danielle Karallis, Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad - Géén drank nie, behalwe vir ’n lipnatmakertjie tydens Nagmaal – en Bob Martin-hondepille.

Dít is die suksesresep van Alida Lewis van Kleinvlei in Blue Downs, wat Donderdag ’n honderd lewensjare saam met vriende en familie gevier het.

“Jy moet jouself oppas, en só het ek gemaak. Ek het nooit in my lewe alkohol ingeneem nie, net ’n kelkie Nagmaalwyn in die kerk,” het sy verduidelik.

En wat van medisyne en voorskrifpille? Watwou! Geen medikasie vir haar nie, behalwe Bob Martins-hondepille.

“Toe ek die pille gekoop het, het die man gevra hoe oud my hond is. Toe sê ek nee, dis vir my!”

Sy het gesê dié pille het haar heeltemal van jig genees. “Ek kan nou weer skottelgoed was, hekel én brei.”

Vriende en familie het gister omtrent om Lewis gekloek. En ’n baie spesiale gas het ook kom inloer.

Patricia de Lille, provin­siale minister van maatskaplike ontwikkeling, het ook gister verjaar en het dit saam met Lewis gevier.

“Ek wil graag ook by die honderdjaar-merk uitkom en het by Alida kom hoor hoe om dit te doen,” het sy gesê.

De Lille het gister 60 geword.

Lewis was vinnig by met ’n antwoord vir die minister.

Sy het gesê die Here was haar genadig en het haar gespaar omdat sy ’n skoon lewe gelei het.

“Eer jou vader en jou moeder dat jou dae verleng kan word en vertrou op die Here.

“My bure, die Claassens en Fortuine, het reeds vir my kom geluk sê en mense is heeldag hier in en uit,” het sy gesê.

Lewis, wat haar lewe lank as huishoudster gewerk het, is in 1911 in Laingsburg gebore en het op 11-jarige ouderdom na die Kaap verhuis.

Sy het nege kinders, 70 kleinkinders, 48 agterkleinkinders en 37 agter-agterkleinkinders.

Sy is reeds sedert die 1970’s lid van die Afrika Metodiste Episkopale-kerk in Kleinvlei en gaan vanaand ’n erediens wat spesiaal vir haar gereël is in dié kerk bywoon.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.