NW-boere verskyn vir aanranding
2011-09-15 19:03
Johannesburg – Twee boere wat na bewering vier mense aangerand en daarvan beskuldig het dat hulle ‘n brand in Amalia in Noordwes gestig het, het Donderdag in die landdroshof op Schweizer-Reneke verskyn.
Die saak teen Attie Haasbroek en William Boyenberg is tot 6 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek, het Lerato Moate, klerk van die hof, gesê.
Die brand het verlede maand in Amelia ontstaan.
Een van die boere het vermoed dat een van die mense in ‘n verbygaande motor die brand gestig het. Hy het die motor van die pad gedwing en glo op die insittendes begin skiet.
‘n Ander boer wat verby gery het, het uit sy motor geklim en na bewering aangesluit by die geveg tussen die vier mense en die eerste boer.
Die vier is na die staatshospitaal op Schweizer-Reneke geneem.
Die boere is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA