NVG onseker oor Dewani se gronde vir appèl
2011-10-01 13:00
Kaapstad – Die nasionale vervolgingsgesag het gesê hy is nie seker op watter gronde die moordbeskuldigde Shrien Dewani teen sy uitlewering appelleer nie.
Dewani het appelleer teen 'n bevel wat sy uitlewering weens die moord op sy vrou, Anni, bekragtig. Dít volg nadat Theresa May, Britse minister van binnelandse sake, Dewani se uitleweringsbevel goedgekeur het.
Die Britse sakeman word daarvan beskuldig dat hy die moord op sy vrou verlede jaar in Kaapstad beplan het.
Adv. Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die NVG, het gesê Dewani het sy reg uitgeoefen om te appelleer.
"Ons is vol vetroue dat dit teengestaan sal word."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter