NIA: Zille se oproepe nie afgeluister
2011-03-10 10:45
Kaapstad – Die ministerie van staatsveiliheid het gesê hy is stomgeslaan oor die nuus dat Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, dink haar telefoongesprekke word afgeluister.
Die premier het die Wes-Kaapse kantoor van die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) daarvan beskuldig dat hy haar gesprekke monitor.
Brian Dube, woordvoerder van die NIA, het gesê hy kan nie verstaan waar Zille se bewerings vandaan kom nie.
Hy het ook gesê Zille se bewerings is nie op feite gebaseer nie, maar op party politiek.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter