NG dominee sê hy toor nie, hy bid

2011-01-18 07:30
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n NG dominee het Maandag verbaas gereageer toe ’n joernalis van die Kerkbode hom ’n wit sangoma genoem het.

Ds. Pieter Fourie van die gemeente Rant-en-Dal in Krugersdorp wou weet of Jean Oosthuizen dan nie verstaan wat hy doen nie.

Hy is nie besig met toordery nie. Hy bid vir mense.

Oosthuizen het gister in ’n nota onder die opskrif “Dominee of sangoma” gereageer op die manier waarop Fourie homself op sy Facebook-blad bekend stel, naamlik “Vra dominee Pieter”.

Fourie nooi oud en jonk daarop uit om hom met enige probleme te kontak en skryf onder meer: “Dink jy dalk iemand het jou familie getoor of vervloek? Spook dit in jou huis? Bel my of los ’n boodskap.”

Oosthuizen skryf dit klink soos die uitnodiging van die een of ander bossiedokter of sangoma, maar dis eintlik ’n NG dominee.
“Blaas my siel! Dan word mense soos Julian Müller, Sakkie Spangenberg en dies meer dwaalleraars genoem.

“Wat noem ’n mens dan ’n knaap soos dié? Die man preek die wit waks uit algar op Facebook en fokus sy bediening op jong mense.

“Is dit verantwoordelik om ’n wit sangoma soos dié onder jong mense los te laat?”

Fourie sê hy help mense, hy toor hulle nie. Hy bid vir hulle. Daar is ’n groot verskil tussen hoe hy werk en hoe ’n sangoma dit doen.

Hy help graag kinders wat sê hulle sien demone en geeste deur vir hulle te bid. Daar is gewis mense wat sê hulle sien spoke of demone.

Dit gebeur as hulle na sekere flieks gekyk het of glasie-glasie gespeel het. As mense kla dit spook, vra hy hulle watter sondes hulle gedoen het. Dalk het iemand daar selfmoord gepleeg.

Dan voel die demoniese magte hulle het ’n reg om daar te wees.

Die meeste kere dat hy help, is as kinders nie kan slaap nie.

Dalk is daar ’n Boeddha-beeld of Afrika-masker in die huis. Dan moet hulle die huis skoonmaak.

Ds. Jannie Pelser, Fourie se kollega, sê die bediening van bevryding is nie deel van Fourie se pligtestaat van die gemeente nie.
 
Hy doen dit in sy eie tyd.  

Volg Beeld op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: geloof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
51 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Ha ha! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.