NG Kerk kan saamwoon dalk toelaat

2009-11-29 11:04
Tweets Share Share line Print

Die NG Kerk gaan herbesin oor saamwoon en die vraag of die wetlike huwelik die enigste model vir seksuele verhoudings hoef te wees.

Waar dié kerk tradisioneel alle saamwoonverhoudings buite die statutêre huwelik afgewys het, gaan daar nou gekyk word na die moontlikheid van groter verdraagsaamheid teenoor sommige verhoudings wat tradisioneel as sonde afgemaak is.

Dit volg kort op Rapport se berig dat talle stemme in die Hervormde Kerk ’n soortgelyke gesprek in dié kerkverband vra.

Die NG Kerk se algemene sinode se taakgroep vir leer en aktuele sake (Atlas) het die afgelope week bevestig hulle neem die eerste treë om ook vir dié kerk ’n beleid oor hierdie kwessie uit te klaar.

Volgens dr. James Kirkpatrick, voorsitter van Atlas, het verskeie lidmate by hulle navraag gedoen oor dié kwessie. Hulle het besef ’n nuwe beleid is nodig.

Die kommissie het laas in die 1970’s oor die saak besin (en toe nog besluit die regering moet gevra word om saamwonery onwettig te verklaar). Nou sal hulle na verwagting ’n ander rigting inslaan.

Een van die lidmate wat die kwessie onder Atlas se aandag gebring het, is dr. Chris Jones, bekende teoloog-skrywer en ook voorsitter van die kantoor vir moraliteit en morele leierskap aan die Universiteit van Stellenbosch.

Nadat Jones gelees het oor die Hervormdes se gesprekke het hy heelwat oor die kwessie nagedink. Volgens hom is daar baie jong mense wat buite die huwelik monogaam saamwoon en nie meer die kerk se eise oor dié kwessie as realisties beskou nie. Die tyd het dalk aangebreek dat die kerk aanpas.

Jones wil egter nie hê die kerk moet promiskuïteit goedpraat nie – mense moet steeds aangemoedig word om verhoudings op evangeliese waardes soos getrouheid, liefde en wedersydse ondersteuning te grond.

Maar dit sluit nie alle saamwoonverhoudings uit nie. Talle jong mense bedryf hul saamwoonverhoudings volgens dié waardes en maak hul saak voor God uit. “In die Bybel is geen klinkklare gronde om te sê dat seksualiteit net in die huwelik kan afspeel nie. Veral jong mense besef dit en daarom vertrou hulle nie meer wat die kerk oor seks sê nie.”

Eerder as om alle seks buite die huwelik af te wys, meen Jones die kerk moet mense leer om volwasse besluite te neem. “Die rol van die kerk lê daarin om mense tot geestelike en emosionele volwassenheid te begelei sodat hulle eendag verantwoordelike besluite kan neem.

“Ons verafgod dikwels die huwelik onnodig. Die huwelik is nie ’n goddelike instelling nie. Dit kan net heilig wees afhangend van hoe dit bestuur word.”

Nie almal in die NG Kerk is egter te vinde vir ’n meer liberale siening oor saamwoon nie. In September nog het die NG gemeente Doornkloof ’n openbare verklaring aan die Kerkbode, lyfblad van die NG Kerk, gestuur waarin hulle gemaan het “voorhuwelikse seks, selfs tussen verloofdes, word in die Bybel sterk veroordeel” en dat “enigeen wat vasgevang is in enige vorm van onsedelikheid, saamblyery ingesluit,” berou moet toon.

Dr. Gerhard Lindeque, redakteur van Die Hervormer, lyfblad van die Hervormde Kerk, het onlangs gesê daar is al hoe meer stemme in dié kerkverband met vrae oor dié kwessie.

’n Gesprek sal na verwagting op die Hervormdes se volgende algemene kerkvergadering volgende jaar plaasvind.

“Ons verafgod dikwels die huwelik onnodig. Die huwelik is nie ’n goddelike instelling nie. Dit kan net heilig wees afhangende van hoe dit bestuur word.”

- Rapport

Vir meer hieroor, besoek Rapport.

Lees meer oor: hervormde kerk  |  ng kerk  |  saamwoon

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.