N2 oop vir verkeer ná betoging
2011-07-14 10:44
Kaapstad – 'n Gedeelte van die N2 in die rigting van Kaapstad, wat Donderdagoggend vir verkeer gesluit is weens protesoptrede en twee motorongelukke, is weer oopgestel.
Spitsverkeer na die stad is erg ontwrig by Borchards Quarry naby Nyanga nadat inwoners die pad met brandende motorbande versper het uit protes teen swak dienslewering in die gebied.
Sowat 60 inwoners van die Crossroads informele nedersetting naby die Kaapstadse Internasionale Lughawe het omstreeks 05:30 begin betoog oor swak dienslewering en behuising, berig Sapa.
"Ek kan bevestig dat 15 mense op aanklag van openbare geweld in hegtenis geneem is," het ao. November Filander gesê.
Die polisie monitor die gebied.
Twee ongelukke in digte mis het die verkeersituasie vererger. Verkeer veral vanaf Somerset-Wes en Khayelithsa na Kaapstad is erg geraak.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter