N1 steeds gesluit ná grusame ongeluk

2010-03-11 08:26
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die N1-suid in Pretoria was Donderdagoggend steeds vir motoriste gesluit om veiligheidsredes, het die Tshwane-munisipaliteit gesê.

“Die N1-suid is gesluit as gevolg van die afbreking van die hyskraan by Atterburystraat,” het woordvoerder Console Tleane gesê.

“Daar is besluit dat dit nie veilig is om die pad oop te maak terwyl die afbreking plaasvind nie.”

Verkeer van die N4-wes sal omlei word na die middestad en sal nie op die N1-suid toegelaat word nie.

Die Atterbury-brug is ook gesluit vir verkeer.

“Die brug is nie meer veilig nie. Motoriste word aanbeveel om alternatiewe paaie te gebruik.”

Motoriste moet sowat 45 minute tot ‘n uur ekstra by hul tyd op die pad reken.

Dit volg nadat ‘n vragmotor wat ysterpale vervoer het Woensdagmiddag omstreeks 17:00 in ‘n sementvragmotor en drie ander voertuie vasgery het, voordat dit in ‘n hyskraan ingeploeg het.

Een man se lyk was onder een van die vragmotors vasgekeer en drie mense is in die ongeluk beseer.

“Ingenieurs het deur die nag gewerk om die hyskraan te stabiliseer om te verhoed dat dit inmekaarstort,” het Tleane gesê.

“Daar is gevind dat dit sowat ‘n meter geskuif het. ‘n Besluit is gemaak dat die beste opsie is om dit uitmekaar te haal en dan weer aanmekaar te sit sodat motoriste nie in gevaar is nie.

Gevolglik gaan deel van die brug wat gebrand het afgebreek en oorgebou word, het Tleane bygevoeg.

“Ons kan nie sê hoe lank hierdie proses gaan neem nie.”

- Sapa

 

Lees meer oor: pretoria  |  ongelukke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.