Mynwese, landbou lyk belowend, sê Gordhan
2011-05-02 16:04
Durban - Landbou en mynbou het die potensiaal om nog baie werk te skep, het Pravin Gordhan, die minister van finansies, Maandag gesê.
"Ons glo dat die landbou- en mynbousektor die potensiaal het om werke te skep,” het Gordhan gesê tydens 'n byeenkoms by Durban se Kingspark-stadion wat gereël is deur die Federasie van Unies van Suid-Afrika (Fedusa), maar wat deur slegs 'n hand vol mense bygewoon is.
Gordhan het gesê die regering se Nuwe Ekonomiese Groeipad (NGP) plaas werkskepping as sentraal wanneer dit kom by ekenomiese beleid, en dat daar 'n verandering moes kom in die regering se benadering tot ekonomiese groei.
Die regering se benadering tot ekonomiese groei is steeds dieselfde as wat dit was tydens apartheid, het hy gesê.
“Ons moet saamwerk aan 'n nuwe groeipad om meer werk te skep,” het hy gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA