Mynwerkers val NUM-president aan
2009-09-04 23:00
Johannesburg - Vakbond verteenwoordigers het kriminele elemente by die Impala Platinum myn in Rustenburg sterk veroordeel nadat adjunk-president van die National Union of Mineworkers (NUM), Piet Matosa , deur werkers aangeval is.
Die voorval het na ‘n vergadering van NUM-leierskap en werkers plaasgevind.
“Dit is vir NUM ‘n groot jammerte dat daar so opgetree is, en ons veroordeel dit ten sterkste,” het Frans Baleni, NUM-sekretaris, in ‘n verklaring gesê.
Matosa, wat aangeval en beseer is gedurende die voorval sterk steeds aan in die hospitaal.
Die Congress of SA Trade Unions (Cosatu), het ook hulself sterk oor die voorval uitgespreek.
Cosatu se nasionale woordvoerder het gesê dat Matosa ernstig beseer is.
Hy het klaarblyklik ‘n oog verloor, en daar sal aan sy neus geopereer moet word.
Cosato het lede wat vir Motosa bygestaan het tydens die voorval en sy lewe gered het, inniglik bedank.
Die vergadering was gereël om ‘n 10.5 salaris skikking met die lede van NUM te bespreek.
Volgens Baleni het die NUM ‘n saak oopgemaak en hoop dat die kriminele elemente vervolg sal word.
- Sapa