Mynwerkers beseer tydens aardbewing
2010-06-07 11:48
Johannesburg – Sewe mynwerkers is beseer toe ‘n ligte aardbewing ‘n rotsstorting by die Gold Fields Driefontein myn naby Carletonville veroorsaak het.
Die mense is hospitaal toe gehaas ná 'n aardbewing vyfuur Maandagoggend ‘n rotsstorting in die eerste mynskag veroorsaak het, het Sven Lunsche, woordvoerder vir die myn, gesê.
Twee ure later het ‘n tweede skudding 'n ander vlak van die skag geruk en vier ander mense is beseer.
Vyf van die mynwerkers is uit die hospitaal ontslaan terwyl twee behandeling vir ligte beserings ontvang.
“Die myn het vyf vlakke van die skag toegemaak en werkers is uit die myn ontruim,” het Lunsche gesê.
Die aardbewing het 2.7 en 2.9 op die Richterskaal gemeet.
- SAPA