‘Mynwater gaan nié sakekern oorstroom’

2011-06-28 06:58
Tweets Share Share line Print

Suur mynwater gaan nié die diep kelders van wolkekrabbers in Johannesburg oorstroom nie, lui ’n verslag wat gister uitgereik is.

“Die studie is pas afgehandel en die slotsom was dat daar geen risiko bestaan dat mynwater enige kelderstruktuur in die sentrale sakekern van Johannesburg sal oorstroom nie,” het die Mynwater-navorsingsgroep, onder leiding van prof. Frank Winde, in ’n verklaring gesê.

Die groep is by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus gebaseer. Hul geo-tegniese risikobepalingstudie is hoogs krities oor die suurmynwater-dreineringsverslag wat verlede jaar deur ’n span spesialis-wetenskaplikes vir die regering voorberei is en aan ’n interministeriële komitee voorgelê is.

Dié verslag waarsku onder meer dat die stygende watervlak ondergrondse infrastruktuur naby stedelike gebiede kan oorstroom. Wilde se navorsingsgroep het gesê dit lyk asof dié verslag die moontlike risiko’s “opgeblaas, wanvoorgestel en oordryf het”.

Die Wilde-groep het bereken dat die mynwatertafel in die Sentrale Kom tot ’n maksimum van 90 m onder die basis van Absa se Oostelike Toring, die diepste van die bankgeboue in die stad wat ondersoek is, sal styg.

Die veiligheidsmarge vir die nuwe administratiewe gebou van Standard Bank, wat na berig word reeds oorstroom word, is 106 m, is bevind.

Die twee bankgroepe het die studie aangevra.

Die verslag verskil ook in ander wesenlike aspekte van die regeringsverslag, lui die verklaring.

Dit sluit in dat die watertafel stadiger sal styg, dat baie minder water bo die oppervlak sal uitvloei en dat onbehandelde water wat in strome beland ’n baie minder ernstige impak op die watergehalte van strome sal hê.

Die navorsers het om ’n meer volhoubare, goedkoper, lae-energie-oplossing vir die probleem gevra, “teenoor die huidige voorgestelde hoë-koste-, hoë-energie-pomp-en-behandelingstrategie wat waarskynlik onbepaald deur die gemeenskap gesubsidieer sal moet word”. Die regering het reeds R400 miljoen geoormerk om pompstasies en behandelingsaanlegte te bou.

Volgens die studie sal die water wat bo die oppervlak uitkom, gebruik kan word. “Onbehandelde suur mynwater is in die verlede deur munisipale rioolwerke aan die Sentraal-Rand gebruik om nitraat-vertering aan te help.”

In ag genome die baie rioolwerke in die omgewing kan die meeste, indien nie al die suur mynwater wat bo die oppervlak uitkom nie, so gebruik word, wat sal beteken daar is geen behandelingskoste nie en skoon water kan vir ander doeleindes aangewend word, is bevind.

Beeld

– Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lees meer oor: johannesburg  |  mynwater

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.