Mynwater gaan SA suur bekom

2010-11-24 06:27
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse belastingbetaler sal “vir die res van sy bestaan” die las van die “winsgewende” goudmynbedryf van die verlede moet dra, lui ’n nuwe verslag.

Dit beteken die belastingbetalers van Suid-Afrika sal aanvanklik R3,4miljard moet opdok vir die bou van ’n aanleg om 120 jaar se suur mynwater aan die Witwatersrand op te vang. Nóg R650 miljoen per jaar is nodig om die water dan na ’n sentrale punt te pomp en tot ’n “aanvaarbare vlak” te behandel voordat dit in die natuur vrygelaat word.

Die verslag, Integrated water quality management plan for the Vaal River System, is opgestel deur die departement van waterwese saam met onder meer Eskom, Sasol, Randwater, AgriSA, die departement van landbou en die Kamer van Mynwese.

Dr. Koos Pretorius, direkteur van die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing, het Dinsdag gesê “dit is ’n skande” dat die regering van die Suid-Afrikaanse belastingbetaler verwag om vir die nalatenskap van die uitgewerkte goudmynbedryf te betaal.

In die verslag ondersoek die staat die koste van die skoonmaak van die mynwater en die sogenaamde verdunning van die besoedelde water in die Vaalrivier-Barrage deur onder meer “gereeld” water uit die Vaaldam (stroomop van die Barrage) vry te laat.

Volgens Mariette Liefferink, ook ’n direkteur van die FSE, is dit duidelik Gauteng gaan teen 2015 ’n ernstige watertekort ervaar deurdat drinkwater gebruik gaan word om die water in die res van die Vaalrivier te verdun.

Die verslag lui dat die suur mynwater wat in die Vaalrivier-Barrage beland, die stelsel só laat versout dat dit binne die volgende vier tot vyf jaar onbruikbaar sal wees. As “niks” gedoen word nie, kan dit die ekonomie, sowel as die miljoene mense wat stroomaf van die Vaaldam van die Vaalrivier se water afhanklik is, ernstig benadeel.

Onder meer word na die suiwering van die mynwater gekyk as sogenaamde bron wat die watertekort in die Vaalrivier-Barrage kan “aanvul”.

Die plan is om die tekorte in die Vaaldam met ’n tweede dam uit Lesotho aan te vul, lui die verslag.

Pretorius het gesê dit is duidelik die opstellers het nie die invloed van die sowat 15 steenkoolmyne in die opvangsgebied van die Vaalrivier voor die Vaaldam in ag geneem toe hulle dié verslag opgestel het nie en ook nie dié wat eersdaags hier wil begin myn nie.

Dié myne besoedel reeds die Vaaldam.

Marius Keet, adjunk-direkteur van watergehaltebestuur by die departement, het gesê ’n oplossing móét vir die suurmynwater-probleem gevind word.

Volgens Pretorius lui die Grondwet “die besoedelaar moet betaal” en moet die regering lankal aan die myne gesê het: “Ruim jul gemors op.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: mynwater

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.