Myngroep teiken wynlande

2010-02-19 08:00
Tweets Share Share line Print

Jorisna Bonthuys

Kaapstad - Die mynbedryf het die hart van die Bolandse wynstreek en dele van die Kaapstad-metropool in die visier.

Wynboere en grondeienaars is omgekrap oor prospekteerreg-aansoeke wat in die Bottelary-gebied naby Stellenbosch asook aan die voet van die Tygerberg deur ’n staatsbeheerde mynboumaatskappy gebring is.

African Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC) (Bpk.) wil ontginningsregte bekom in onder meer die Bottelaryheuwels-Renostersveld-bewarea, ’n deel van die Jordan-wynlandgoed en die historiese De Grendel-landgoed.

Aansoeke hiervoor is ingevolge die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleum-hulpbronne by die departement van mineralehulpbronne ingedien. Die publiek kan tot 9 Maart reageer. Die mynboumaatskappy moet nou ’n omgewingsbestuursplan indien.

Die gebied by Stellenbosch waarvoor aansoek gedoen word, strek oor 4 700 ha en sluit in die plase Anneks Langverwacht 245, Haasendal 222 en die oorblywende gedeelte van Rosendal 249 Die maatskappy wil prospekteerregte bekom vir onder meer tin-, sink-, koper-, mangaan- en silwererts.

Die aansoek om prospekteerregte in die metropool sluit in Highlands 195, Hooggelegen 193, Hooggelegen 194, De Grendel 256 en De Grendel 255. Die maatskappy wil op dié eiendomme na tin-, lood-, sink-, koper-, mangaan-, silwer- en litiumerts soek.

Tielman Roos van die Mooiplaas-wynlandgoed en -natuurreservaat in Bottelary het gesê hy het eers Sondag van dié planne gehoor. Die gebied grens aan sy eiendom. Roos, voorsitter van die Bottelary-bewarea, het gesê hy is uit ’n ekologiese én toerisme-oogpunt besorg oor die aansoek. Die bewarea, waaraan verskeie grondeienaars deel het, huisves van die laaste oorblywende stukke graniet-renosterveld – ’n hoogs bedreigde planttipe.

Die beoogde eksplorasie-bedrywighede is in ’n gevestigde landboustreek en boonop in die buffergebied van die Kaapse Wynland-biosfeerreservaat.

Van die eksplorasiegebiede is teen die luukse residensiële gebiede Zevenwacht Country Estate, Zevenwacht Village en Klein Zevenwacht.

Gary Jordan van Jordan-wynlandgoed, wat tot Dinsdag onbewus was van dié planne, het gesê ’n groot deel van sy plaas is in die beoogde prospekteergebied. Hy gaan beslis protes aanteken. “As hier ’n myn moet kom, sal ek my kelder moet toemaak. Wat word van die 84 mense wat vir my werk en hul gesinne?”

Ook adv. Martin Coetzee, regsverteenwoordiger van die landgoed De Grendel, het aangedui dié aansoek sal teengestaan word. Omdat Haasendal 222 aan ’n residensiële gebied grens, moes AEMFC aanvullende dokumentasie met redes vir sy aansoek hier indien. 

- Die Burger

Lees meer oor: myne

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.