‘My spa is g’n bordeel nie’

2010-11-14 13:09
Tweets Share Share line Print

Rapport

Die getroude sakeman, die masseuse, die spa, Facebook en laster.

Dís alles die bestanddele van ’n hofsaak wat pas begin het nadat ’n prominente sakeman van Kaapstad ’n saak van laster teen ’n spa-eienaar en sy vrou aanhangig gemaak het.

Clinton Kenneth Miller (44) van Seepunt sê Johann en Jolene Ungerer van Jolie Spa het hom belaster nadat hulle op Facebook ander spa-eienaars teen Miller “gewaarsku” het.

Dit volg nadat Miller, wat toe nog met sy tweede vrou getroud was, in April ’n verhouding met ’n 21-jarige werknemer van die spa aangeknoop het.

Johann Ungerer sê sy terapeute mag onder geen omstandighede hul telefoonnommers vir kliënte gee nie. “Dan kan jy maar jou goed pak! My terapeute besoek ook nie kliënte by hul huise vir behandelings nie.

“Kyk, dié plek was donkiejare terug ’n bordeel, maar nou is dit ’n gerespekteerde spa met hoëprofiel-kliënte. Al my kliënte weet: As hulle meisies wil optel, is dit nié die plek nie.”

Volgens Ungerer was Miller sedert 15 Maart 2004 ’n gereelde kliënt van sy spa. “Hy het sy bene hier laat waks omdat hy fietsry, en hy het daarna gereeld vir vollyf-masserings en gesigsbehandelings gekom.”

Volgens hom het Miller vroeër vanjaar vir een van sy terapeute, Linde Prins, ’n woonstel wat hy gehuur het, aangebied. Later het sy by hom ingetrek.

“Daarna het hy haar by die werk begin aflaai. Toe hy daarop aandring dat nét sy hom behandel en hy sommer vir dae agtereenvolgens afsprake maak, het ek lont geruik.”

Ungerer het vir Prins gevra of sy ’n verhouding met dié kliënt het, en sy het dit bevestig.

“Sy het net hier uitgestap en gesê ek meng in. ’n Terapeut moet tog weet sy kan nie só iets doen nie. Ek laat nie eens my terapeute toe om op hul eie mans te werk nie.”

Ungerer sê hy was ontsteld oor Miller se optrede en het op Jolie Spa se Facebook-profiel die ander spa-eienaars teen Miller “gewaarsku”.

Ungerer het inskrywings gemaak soos “Wat doen jy as ’n kliënt wat vir ’n behandeling kom, jou vra om uit te gaan?”, “Is Clinton Kenneth Miller ’n kliënt van jou spa? Pasop!” en “My salon is nie ’n gesellinklub nie. Wees versigtig wat jou manlike kliënte agter geslote deure doen”.

Hy het eers vier maande later ’n gepaste plaasvervanger gekry.

“Toe die prokureur my bel en sê Miller maak ’n saak teen my, was ek woedend. Boonop is hy en Linde nie eens meer saam nie – sy het dit in ’n SMS aan my vrou bevestig.

“Sy het intussen weer by my kom aanklop vir werk, maar ek het vir haar gesê ek kan haar mos nie aanstel nie.”

Miller het Vrydagmiddag aan Rapport gesê hy glo hy het genoeg bewyse om die saak tot in die hof te neem.

“My saak is sterk. Ek gaan beslis wen. Ek wil nie nou veel meer daaroor sê nie.”

Miller eis R750 000, maar die Ungerers se prokureur, Wynand Louw van Louw, Coetzee en Malan, sê dis absurd.

“Ons oorweeg ons opsies om die saak in ’n vroeë stadium in die kiem te smoor deur eksepsie aan te voer op grond daarvan dat die eiser nie ’n skuldoorsaak openbaar nie.”

Louw sê nie net is die Facebook-inskrywings waar nie, maar dis ook in openbare belang.

- Rapport

Lees meer oor: hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.