'My kar het nie bloed op gehad nie' – Jub Jub
2011-12-05 19:52
Johannesburg – Daar was geen teken van bloed op die musikant Molemo ‘Jub Jub’ Maarohanye se motor nadat dit in ‘n ongeluk betrokke was nie, het die Protea-landdroshof Maandag gehoor.
“Ek is seker ek het nie die kinders getref nie, want my motor het geen skade of bloed daarop gehad nie,” het Maarohanye aan die hof gesê.
Maarohanye en sy medebeskuldigde, Themba Tshabalala, word verhoor op aanklagte van moord, poging tot moord en die bestuur onder die invloed van dwelms en alkohol.
Hul Mini Coopers het na bewering tussen ‘n groep skoolkinders ingeploeg tydens ‘n straatresies wat hulle gehou het op 8 Maart verlede jaar.
Vier kinders is dood en twee ander is ernstig beseer in die ongeluk.
Lees hier meer oor die verhoor.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA