Musina-storm laat families dakloos
2010-04-06 12:00
Johannesburg – ‘n Storm in Musina het sowat 15 huise sonder dakke gelaat en skade aan verskeie besighede gerig, het die polisie in Limpopo Dinsdag gesê.
Volgens supt. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, is daar nog geen beserings aangemeld nadat die storm dié area Maandagaand getref het nie.
Die munisipaliteit is besig om die omvang van die skade te bepaal. Hulle woordvoerder was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.
– Sapa