‘Musiekman het my gemolesteer’

2010-04-17 07:10
Tweets Share Share line Print

Dizelle Viljoen gesels oor hoe sy op 12-jarige ouderdom gemolesteer is. Sy het dié week eers haar man daarvan vertel (Herman Verwey, Beeld).

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Klagte van seksuele molestering is dié week teen ’n bekende in Afrikaanse musiekkringe gemaak nadat hy glo 18 jaar gelede ’n meisie gemolesteer het toe sy 12 jaar oud was.

Dizelle Viljoen (30), ’n huisvrou van Germiston, en haar man het Donderdag ’n klag van seksuele molestering teen dié man by die Germiston-polisiekantoor aanhangig gemaak.

Viljoen beweer die man het verskeie kere “aan my gevat” toe sy 12 jaar oud was.

Sy sê die “vattery” het “twee of drie keer in sy kantoor by die Randse Skou” in Nasrec, Johannesburg, gebeur, op drie verskillende aande in sy motor op pad na haar oupa-hulle se huis en een keer in haar oupa (nié die beweerde molesteerder nie) se huis.

Die man sou glo altyd aan haar been en private dele vat en sou kwaad raak as sy hom gekeer of weggeloop het.

Haar suster, Laurene, wat toe nege was, weet glo van als, het sy Vrydag gesê.

“Hy het laat ek aan hom vat en dan vat hy aan my. Maar dit het nie verder as dit gegaan nie. Ek het dit nie toegelaat nie,” het sy gesê.

“Die ergste was in my oupa se huis. Ek het op die bank gesit en hy het langs my kom sit. Hy het net ’n kort slaapbroek sonder ’n onderbroek aangehad en het my hand gevat en dit daarin gedruk dat ek met hom speel. Hy het my altyd vasgedruk en aan my gevat.”

Dié ma van twee het gesê die man sou altyd grappies maak of speel wanneer hy haar vasdruk. Volgens haar kon sy nooit haar ma of pa sê nie, want haar pa “sou hom doodgemaak het”.

Sy het gesê sy wou nog altyd vir haar man sê, maar “die tyd was nie reg nie. As ek nou vroue kan help om te praat oor die dinge, doen ek dit”.

Viljoen het gesê sy wou nooit alleen saam met haar molesteerder wees nie en was en is steeds bang vir hom.

Jan Viljoen, haar man, het Vrydag gesê hy is woedend en kwaad vir die man.

“Hoe kan hy dit aan ’n weerlose kind doen? Wat as hy dit met my jong dogter doen? ­Hy moet net eerlik met homself wees en roll with the punches,” het hy gesê.

Viljoen het gesê as hy en sy vrou intiem verkeer, kon hy voel “sy is nie daar nie”.

Die hoof van die seksuele misdrywe-eenheid by die Germiston-polisiekantoor het Vrydag bevestig ’n saak is teen die man aanhangig gemaak. Hy wou egter niks verder sê nie.

Die man self het Vrydagmiddag in reaksie bevestig dat die polisie oor die aanklag met hom in verbinding was.

“Die polisie het my ingelig oor ’n klag van onsedelike aanranding wat na bewering 18 jaar gelede plaasgevind het.

“Die aantyging word ten sterkste ontken en my regspan is reeds opdrag gegee om die saak verder te hanteer.”

- Beeld
 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.