Munisipaliteit gesluit oor skuld van R10,9 milj.
2011-10-27 12:20
Johannesburg – Die Port St Johns-munisipaliteit is gesluit omdat hy nog nie 'n bedrag van R10,9 miljoen vereffen het nie, berig die Herald Online.
Die munisipaliteit het 'n bevel van die Mthatha-hooggeregshof verontagsaam en die balju het Maandag sy deure gesluit.
Dié hof het twee bevele in die guns van die Suid-Afrikaanse Kuswag toegestaan vir dienste wat by strande op Port St Johns gelewer is.
Die dorp is 'n gewilde toeriste-aantreklikheid.
Die burgemeester, Mnyamezeli Mangqo, het Woensdag bevestig dat die munisipaliteit gesluit is.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA