Munisipale werkers staak Vrydag
2011-05-09 10:42
Johannesburg – Lede van die vakbond Samwu sal Vrydag aan 'n nasionale staking deelneem ná loononderhandelings op 'n dooie punt uitgeloop het, het The New Age Maandag berig.
Samwu het 220 000 lede wat werksaam is by munisipaliteite landwyd en sê sy lede sal staak om die regering te dwing om aan sy eise gehoor te gee.
Werkers eis 'n loonverhoging van 18%.
Hulle eis ook dat pres. Jacob Zuma nie die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Stelsels onderteken nie. Dié wetsontwerp is daarop gemik om munisipaliteite te depolitiseer en te verseker dat vaardige mense aangestel word.
Daar word verder geëis dat Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, afgedank word en dat provinsiale regerings geskrap word.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA