Munisipale kantore brand af, dokumente vernietig

2012-02-02 09:55
Tweets Share Share line Print

Durban – Belangrike dokumente wat benodig word vir ‘n forensiese ondersoek is heeltemal vernietig toe die kantoor van die Umkhanyakude-streekmunisipaliteit Donderdagoggend afgebrand het.

“Ek kan bevestig dat ons finansiële kantore vroeg vanoggend heeltemal deur ‘n brand verwoes is. Ons het al die dokumente verloor,” het burgemeester Jeff Vilane gesê.

Die munisipale kantore is in Mkuze in die noorde van KwaZulu-Natal.

‘n Munisipale bestuurder en ‘n hoof-finansiële beampte was ten tyde van die voorval geskors terwyl ‘n forensiese ondersoek aan die gang was, het Vilane gesê.

“Ons wil nie spekuleer oor die oorsaak van die brand nie. Dit kan ‘n elektriese fout wees,” het hy gesê.

Nietemin is Vilane bekommerd dat belangrike dokumente wat nodig is vir die ondersoek vernietig is.

“Alhoewel die inligting ook in rekenaars gestoor is, het jy harde kopieë van fakture wat onderteken is ook nodig wanneer jy die ondersoek loods,” het hy gesê.

Die ondersoek word gedoen deur ‘n forensiese span wat deur die provinsiale departement van samewerkende regering aangestel is om aantygings van wanadministrasie en bedrog te ondersoek.

Die brand het omstreeks 02:00 uitgebreek. Vilane was woedend dat dit te lank vir die brandweer geneem het by die toneel op te daag.

“Ons is baie ontevrede dat hulle te lank geneem het om uit te kom. Plattelandse metro-kantore is nie ver van ons munisipale gebou nie.”

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.