Munisipale hoë verkla oor R7 miljoen

2011-06-25 10:15
Tweets Share Share line Print

Mpumalanga – R7 miljoen wat om die een of ander rede nie op die balansstate van die Thaba Chweu-munisipaliteit in Lydenburg verskyn nie, het tot strafregtelike klagte teen die dorp se waarnemende munisipale bestuurder gelei.

Dit volg nadat ’n forensiese ondersoek bevind het ’n motorhawe in Lydenburg wat as agent voorafbetaalde krag namens die raad verkoop, het na bewering nie die afgelope sewe jaar geld aan die raad oorbetaal nie.

Luidens ’n vertroulike verslag wat Beeld onder oë gehad het, is bevind dat die betrokke motorhawe nie eens ’n rekening by die stadsraad het nie en daar dus geen rekords van enige transaksies bestaan nie.

Sonja Boshoff, ’n DA-raadslid in die dorp, het Donderdag strafregtelike klagte teen die raad, asook Billy Ralebipi, die waarnemende munisipale bestuurder, aanhangig gemaak.

“Ralebipi het vroeër aan die raad gesê hy het klagte by beide die polisie asook die Valke aanhangig gemaak, maar ons kon geen rekords daarvan kry nie. Daarom het die DA besluit om nou diefstalklagte teen hom aanhangig te maak.”

Boshoff het gesê die aangeleentheid is ook onder die aandag van die presidensie gebring.

Thaba Chweu was die afgelope vyf jaar twee keer onder administrasie juis as gevolg van grootskaalse bedrog en korrupsie.

In April 2009 was die stadsraad ook onder skoot toe R3,2 miljoen in een dag uit die raad se bankrekening getrek is. Destyds is aangevoer dat kuberkrakers toegang tot die rekening gekry het en die geld onwettig daaruit onttrek het.

Bitter min van die geld is nog verhaal ten spyte daarvan dat verskeie personeellede van die raad afgedank is en ander intussen bedank het.

Die raad wou geen kommentaar oor die aangeleentheid gee nie omdat hulle sê die saak is sub judice.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: bedrog

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.