Munisipale hoë terug op pos ná skorsing

2009-11-20 08:47
Tweets Share Share line Print

Alta Snyman

Rustenburg – Die hooggeregshof in Mafikeng het gister die geskorste munisipale bestuurder van die Rustenburg- plaaslike munisipaliteit met onmiddellike uitwerking in sy pos herstel.

Andries Boshoff het gesê hy is Maandag terug in die kantoor.

Hy is vroeër eers op spesiale verlof geplaas en toe deur Matthew Wolmarans, uitvoerende burgemeester, geskors nadat hy op omstrede wyse saam met nog ’n munisipale amptenaar in hegtenis geneem is.

Die inhegtenisnemings by die munisipale kantore in die stad is selfs deur ’n span van SAUK-TV-nuus verfilm en die aand gebeeldsend.

Die klag teen Boshoff was dat hy versuim het om op te tree nadat hy van ’n misdaad bewus geword het.
 
Dit is twee weke later stil-stil teruggetrek, maar die stadsraad het nie sy skorsing opgehef nie.

Sedertdien het alle navrae oor die skorsing wat aan die munisipaliteit en Wolmarans gestuur is onbeantwoord gebly. Die DA het ook meer as een keer vergeefs vrae daaroor gevra in die raadsvergaderings.

Die hof het gister ook ’n kostebevel uitgereik. Dit beteken die stad se belastingbetalers sal moet opdok vir Boshoff se regskoste. Dit sluit die dienste van ’n prokureur en ’n advokaat in.

Heelwat geheimsinnigheid omgewe die klag. Beeld  het vroeër vasgestel ’n onbekende mens het die regering se teenkorrupsienommer gebel met beskuldigings teen onder andere Boshoff.

Die bewerings is deur die Noordwes-kantoor van die staatsdienskommissie aan Maureen Modiselle, premier, se kantoor gestuur vanwaar dit na die betrokke LUR verwys is.

Boshoff het gister by navraag gesê siviele eise kom teen die polisie.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.