Munisipale bestuurder se huis glo afgebrand
2010-06-30 12:33
Johannesburg – Die huis van ‘n munispale bestuurder in Mpumalanga het afgebrand, het die provinsiale polisie Woensdag gesê.
Brandstigting word vermoed.
“Monica Mathebela, bestuurder van Dr J S Moroka Plaaslike Munisipaliteit was omstreeks 21:00 besig om saam met haar familie televisie te kyk toe die huis in vlamme gehul is,” het kapt. Leonard Hlathi gesê.
Die huis in Marabastad, Siyabuswa is sowat R1,1 miljoen werd.
“’n Voorlopige ondersoek dui aan dat ‘n persoon het verby die huis geloop, ‘n petrolbom gegooi en toe verdwyn.”
Niemand is in die voorval beseer nie, en geen arrestasies is nog gemaak nie, het Hlathi gesê.
Die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA