Mulder spandeer glo R500 000 op vlugte
2012-08-01 12:48
Johannesburg – Pieter Mulder, die adjunk-minister van landbou, bosbou en visserye, het bykans R500 000 spandeer op plaaslike en internasionale vlugte tussen sy aanstelling in 2009 en Maart verlede jaar, het City Press berig.
Mulder se baas, Tina Joemat-Petterson, het bekendgemaak dat die leier van die Vryheidsfront Plus R472 595 spandeer het op sowat 80 vlugte tussen Mei 2009 en Maart verlede jaar.
Joemat-Petterson het gereageer op parlementêre vrae deur die DA-LP Pieter van Dalen.
Mulder het ook R12 000 se verblyfkoste en reisbetalings, sowel as terugbetalings vir onkostes wat aangegaan is, ontvang vir internasionale reisie in die 2010/11 finansiële jaar.
Joemat-Petterson word deur die openbare beskermer, Thuli Madonsela, ondersoek nadat sy R1,6 miljoen spandeer het op ses huurvlugte in 18 maande.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter