Muisplaag knaag aan boere se beursies

2010-08-26 08:15
Tweets Share Share line Print

Bethlehem – ’n Muisplaagontploffing in die Oos-Vrystaat knaag aan meer as net graanboere se geduld.

’n Plaag van rotagtige nagmuise, veldmuise en springhaasrotte, wat soos die mafia ondergronds te werk gaan, is letterlik besig om boere se winste in die Bethlehem-, Reitz-, Tweeling- en Frankfort-distrik op te vreet. Gebiede in Mpumalanga, die oostelike Hoëveld en die Wes-Kaap ly ook erg onder die probleem.

Onderskeidelik 50ha en 122ha se oeste van boere buite Bethlehem en Frankfort het onlangs skade gely.

Dr. Gerhard Verdoorn, direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum, wat gister boere by die Lionsrock Lodge buite Bethlehem kom toespreek het, sê een wyfiemuis en haar nageslag kan tot 3500 kleintjies oor ’n jaar kry.

Hy sê die muise verkies dit om in sanderige grond te teel en eet graag vars ontkiemde saad.

Verdoorn het die boere aangeraai om roofdiere, roofvoëls en reptiele hul vennote eerder as vyande te maak.

“’n Uil kan ’n muis tot 500m ver sien. ’n Paar nonnetjiesuile kan tot 67 muise per nag vang. ’n Tierboskat kan sewe tot agt muise per dag vang.”

Hy het boere aangeraai om ook hul plaaswerkers in te lig dat slange soos rinkhalse daarin spesialiseer om muise te vang.

Meerkatte, muishonde, vlei- en grasuile, bakoorvosse en jakkalse moet ook nie onderskat word nie.

“Die diere se natuurlike habitat moet nie vernietig word nie, maar bewaar word. Húlle vreet die muise en hou die plaag só onder beheer.”

Verdoorn sê slegs sekere soorte gif soos aluminiumfosfied-tablette, sinkfosfied-lokaas en Racumin-wasblokkies moet kundig en versigtig gebruik word om te verseker dat dit nie ander diere ook vergiftig nie.

Gif is remediërend, maar roofdiere is voorkomend.

Mense wat ongeregistreerde plaagdoders gebruik, kan vervolg word.

Metodes soos lokvalle en lokgewasse kan ook werk.

Tegnieke soos om hoë onbehandelde pale in die wenakkers op te rig kan as sitplekke vir die voëls dien.

Pale wat met teer geverf is, kan die voëls se pote brand wanneer dit warm word. Dit moet ook geen dwarspale hê wat weerstand in die wind bied nie. Die voël moet stil op die paal kan sit. Doringdraad is gevaarlik en moet eerder oor tyd vervang word met gladde draad sodat die voëls nie daaraan kan vassit nie.

    * Boere kan Verdoorn by 082-446-8946 bel.

Volg Nuus24 op Twitter.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: plaag  |  boere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.