Mugg & Bean-ontploffing: 3 nog in intensiewe sorg
2012-02-09 13:59
Fotogalery - GALERY: Ontploffing by Mugg & Bean
klik op klein foto bo om groter prentjie te sien
Johannesburg – Drie werkers wat verlede week in ‘n gasontploffing by die Festival Mall in Kemptonpark beseer is, is steeds in die intensiewesorgeenheid, het Kevin Hedderwick, hoof- uitvoerende beampte van Famous Brands, gesê.
“Hulle is van die gevaarlys af en kry steeds die beste moontlike rehabiliterende behandeling by die Arwyp-hospitaal,” het hy in ‘n verklaring gesê.
Minstens 20 ander mense het ligte beserings in die ontploffing opgedoen.
Die ontploffing het op 2 Februarie naby die kombuis van die restaurant Mugg & Bean plaasgevind.
Hedderwick sê die ondersoek duur voort.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA