Mthethwa: Geweld is nie xenofobie
2010-07-17 05:04
Wes-Kaap. - Nathi Mthethwa, minister van polisie, het Vrydag volgehou dat geweld wat hierdie week die Wes-Kaap geteister het, nie xenofobiese aanvalle was nie.
Mthethwa het dié aanmerking gemaak nadat hy met Helen Zille, Wes-Kaapse premier, en Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, vergader het.
Hy het ook weer die media gewaarsku oor die manier wat daar oor dié kwessie berig word.
"Sommige van die berigte maak mens voel of dit deur mense wat wens dat hierdie dinge (xenofobie) sal gebeur, geskryf is,” het Mthethwa gesê.
Mthethwa het herhaaldelik geëis dat die week se aanvalle net misdade was wat as xenofobie vermom is, maar nie-regeringsorganisasies meen amptenare vermy die gebruik van die woord in die hoop dat die geweld sal verminder.
Volg Nuus24 op Twitter.