Mpumalanga gesondheidshoof geskors
2011-11-07 18:21
Johannesburg – David Mabuza, premier van Mpumalanga, het die
hoof van die provinsiale gesondheidsdepartement geskors.
Sy kantoor het die skorsings van Johnson
Mahlangu bevestig.
Geen verdere besonderhede is weens die “sensitiwiteit” van die saak weergegee nie.
In die Sowetan is berig dat Mahlangu geskors
is nadat hy ‘n kontrak van R120 miljoen aan ‘n maatskappy wat aan die
ANC-jeugliga verbind is, toegestaan het.
Die maatskappy, Isibonelo Waste Solutions, is
gekontrakteur vir die verwydering en verwerking van mediese afval in die
provinsie.
Volgens die Sowetan word Isibonelo gedeeltelik
deur Christos Eleftheriades besit, ‘n besigheidsvennoot van die president van
die ANC-jeugliga, Julius Malema.
Volg Nuus24 op Twitter.