Moyo wil homself verdedig
2011-09-16 20:03
Johannesburg – ‘n Beskuldigde
in verskeie insidente van gewapende roof, wil homself teen ‘n aanklagte van
ontsnapping uit aanhouding verdedig.
Bongani Moyo het Vrydag in die Landroshof in
Pretoria gesê dat hy homself teen die aanklagte sal verdedig.
Die saak van ontsnapping uit aanhouding teen
Moyo is tot 22 September uitgestel.
Die staat moet intussen vir Moyo ‘n dossier
van die aanklagte teen hom gee sodat Moyo sy saak kan voorberei.
Moyo het verlede maand opspraak gemaak toe hy,
op krukke, uit die Pretoria-streekhof stap.
Ten tyde van dié ‘ontsnapping’, was hy nie toegesluit of geboei
nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA