Moyo by hoësekuriteit-tronk aangehou
2011-08-30 11:19
Johannesburg – Bongani Moyo een van Suid-Afrika se mees gesoekte misdadigers sal by 'n hoësekuriteit-tronk aangehou word nadat hy Sondag weer vasgetrek is.
Hy is Sondag deur die Valke in Hillbrow, Johannesburg, hegtenis geneem nadat hy weke lank op vrye voet was.
Moyo, wat met meer as 30 bankrooftogte verbind word, het vroeër vandeesmaand uit die Pretoria-landdroshof ontsnap.
Dit is die tweede keer vanjaar wat Moyo uit polisie-aanhouding ontsnap. Hy het in Maart uit die Boksburg-gevangenis ontsnap.
Brig. Neville Malila, polisiewoordvoerder, het gesê dié keer vat hulle nie kanse nie.
"Hy was in voetboeie toe hy na die hof geneem is en sal tot sy volgende hofverskyning in 'n hoësekuriteit-tronk aangehou word."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter